Marinda Kolev

Om woorde soos krale in te ryg en om my nek, polse en enkels te dra
Om die geklingel te hoor as ek op my tone loop of ruim met my hande vra
Om op die ongestringde krale te trap - soos Lego-blokkies - en die pyn op die bodem van my voete te voel
Om woorde soos vere in my hare te vleg, soos 'n pou of 'n duif of 'n volstruis 
- Soos 'n suidelike waterfiskaal wat verskillende geluide maak en in klanke weg kan kruip -
Om dit soos vlerke aan my arms vas te werk 
Om daarmee te vlieg
Dit, dít is wat ek wil doen

Leave a comment